Liefde by die Dam 2022 `n groot sukses!

 Die gewilde Liefde by die Dam fees is vir die eerste keer sedert 2019 weer by Emmarentia Dam in Johannesburg en in Kaapstad by Meerendal aangebied. Beide fase 1 en 2 kaartjies het binne enkele ure in Johannesburg uitverkoop en `n paar duisend mense het ten spyte van reënweer, Sondag 3 April by die fees opgedaag. In Kaapstad het `n groot skare op 9 April die lekker groot fees op `n lieflike sonskyn-dag op Meerendal beleef.

Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties, en ook een van die organiseerders van Liefde by die Dam sê:

“Ons is trots daarop om net die beste Afrikaanse musiek te kan aanbied. Dit was `n onvergeetlike ervaring om weer op die Liefde verhoog te kan wees. En die gehoor in beide die Kaap en in die Noorde was Amazing. Die gevoel van samehorigheid was nogal iets om te beleef. Almal was baie bly om weer bymekaar te kan wees en saam te kan kuier.”

Die kunstenaars wat opgetree het is Bernice West, Schalk Bezuidenhout, Demi Lee Moore, Refentse, Elandré, Robbie Wessels, Appel, Youngsta CPT, Die Heuwels Fantasties en Francois van Coke en Spoegwolf het onderskeidelik in Johannesburg en Kaapstad opgetree.

Daar was n hele paar hoogtepunte en die kersie op die koek was Die Heuwels en Francois van Coke wat in Johannesburg rooi, pers en blou fakkels op die verhoog gebrand het, om die einde van `n wonderlike dag en die voortbestaan van die fees te vier.

Dis omtrent al `n tradisie om jou piekniek kombers by Liefde by die Dam konserte agter te laat. Die www.liefdewen.co.za span het weer na die afloop van die fees komberse bymekaar gemaak. “Christine Vorster van die Liefde Wen span vertel: “In die gees van die fees is ons dankbaar vir hierdie inisiatief! Ons het `n lekker groot hoop komberse by beide feeste versamel.”

 Feesgangers moes vaksineer bewyse of `n negatiewe covid-toets by die hekke wys. Hierdie protokol is streng nagevolg om na die veiligheid van feeshangers te kan omsien.

Met spesiale dank aan ons radio vennote: Bok Radio en Jacaranda FM.

 Volg #LiefdeByDieDam op Sosiale Media:

 LIEFDE BY DIE DAM Web: http://www.liefdebydiedam.co.za

LIEFDE BY DIE DAM Facebook: https://www.facebook.com/LiefdeByDieDam

LIEFDE BY DIE DAM Twitter: https://twitter.com/LiefdeD

LIEFDE BY DIE DAM Instagram: https://www.instagram.com/LiefdeByDieDam

Foto: Wayde Flowerday.

Leave a Reply

Your email address will not be published.